Alhoewel hy die meeste van die tyd by die huis gaan wees, gaan hy darem so vier dae Stilbaai en Vleesbaai toe om net weg te breek.
"Dit was 'n harde, maar suksesvolle jaar. Die tyd saam met my familie sal my die nodige rus gee. Ek beoog om op Saterdag 15 Desember Stilbaai en Vleesbaai toe te vertrek, maar na my besoek van so vier dae kom ek terug George toe."
Standers het gesê baie van sy familielede kom vir hom kuier en hy sien uit daarna.
Van der Westhuizen gaan kreef eet
Dit is egter die Eden-distriksraad se uitvoerende burgemeester, mnr. Wessie van der Westhuizen wat meer 'stout planne' beraam het vir sy vakansie.
"Ek gaan 'kreef steel' in die Weskus," het hy tong in die kies gesê.
Volgens Van der Westhuizen gaan hy elke jaar Elandsbaai toe en geniet die see en wat dit bied, soos kreef. Hy gaan vir tien dae die Weskus geniet.

Eden-distriksraad se uitvoerende burgemeester, mnr. Wessie van der Westhuizen.
ARTIKEL EN FOTO'S: CHRISTO VERMAAK, GEORGE HERALD-JOERNALIS