TUINROETE NUUS - Feesgangers word daaraan herinner om betyds hul verblyf vir die eerste KKNK in twee jaar te bespreek.
Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) word vanjaar van 29 Maart tot 3 April gehou. Die KKNK bedryf nie vanjaar 'n verblyfkantoor nie, maar Oudtshoorn is reg om feesgangers te ontvang.
'n Ooreenkoms is met die verblyffoendies LekkeSlaap gesluit, wat alle verblyfbesprekings vir die fees hanteer.
Feesgangers word aangemoedig om hul besprek-ings direk deur LekkeSlaap te doen KLIK HIER.
Alle besonderhede van gashere uit Oudtshoorn en omgewing wat geregistreer het en gereed staan om besoekers met Klein Karoo-gasvryheid te onthaal, kan hier gevind word.
Ieder en elk van vêr en wyd word genooi om die vars Klein Karoo-lug te kom indrink saam met hulle oggendkoffie, vanuit die LekkeSlaap-verblyf van hul keuse.
Rig enige navrae direk aan LekkeSlaap by besprekings@lekkeslaap.co.za, of per e-pos aan Daleen Witbooi by info@kunste.org.za.
• Die KKNK ondersteun die toepassing van 'n Covid-19-inentingsmandaat, in ooreenstemming met en ter ondersteuning van aanbevelings deur gesondheidsowerhede.
Die veiligheid en welstand van alle betrokkenes is ons primêre verantwoordelikheid en sal deurgaans prioriteit geniet.
Terwyl alle besoekers se vryheid van beweging en keuse grondwetlik verseker is, sal daar van kaartjiehouers verwag word om ingeënt te wees.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'