Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Die SWD Arende het vanmiddag, 21 Januarie, sy rugbyseisoen op 'n hoë noot afgeskop. Die span het sy opwarmingswedstryd teen NMU met 50-17 gewen. Die wedstryd is by NMU Saasveld gespeel in baie warm toestande.
Vir die Arende was dit voorbereiding vir die twee kompetisies waaraan hulle vanjaar gaan meeding en vir NMU sy tweede wedstryd van die seisoen. Hulle berei tans voor vir die Varsity Cup.
FOTOGALERY: SWD Arende se rugbyseisoen
In die eerste helfte was dit 'n redelike gelykopstryd en teen was NMU 14-5 met rustyd. In die tweede helfte het dit egter beter gegaan met die Arende en die span het seker gemaak dat hulle die knoop deurhaak.
Beide spanne het verskeie kere agter die doellyn gaan kuier en hier en daar was daar selfs 'n opwindende paar bewegings.
Anton Moolman, afrigter van die Arende, het na die wedstryd gesê in die eerste helfte het NMU goed gespeel. Hy is tevrede met die Arende spelers wat in 'n stadium opgestuur is en die wedstryd omgedraai het tot die span se voordeel. "Dit kan net beter gaan vorentoe en in die geheel is ek tevrede.
"Ben Brinkhuis, president SWD Rugby, het gesê daar is skaafwerk nodig, maar in die geheel is hy tevrede met die Arende se vertoning.
VIDEO - Arende se seisoen begin (Video:Eugene Gunning).
VIDEO - Keer man keer (Video:Eugene Gunning).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'