Gallery
NASIONALE NUUS - Ses paartjies wat op plase woon het Saterdag 21 Oktober op Volstruisleegte, Willowmore getrou.
Pastoor Chris Smit, wat die paartjies in die huwelik bevestig het, sê die inisiatief vorm deel van 'n uitreikingsprogram wat deur sy gemeente van Wilderness Christian Fellowship saamgestel word.
Hierdie gelukkige paartjies se troudag het nie 'n sent uit hulle sak gejaag nie en dit was steeds die spesiale dag waarvan hulle gedroom het.
Volgens Smit is die paartjies afkomstig van drie verskillende plase in die Willowmore-distrik naamlik, Volstruisleegte, Grobbelaarskraal en Oshoek.
Hy sê die paartjies wou altyd trou om soos die Bybel sê 'n sondevrye lewe te leef, maar 'n tekort aan geld het dit nie toegelaat nie. "Ons wou 'n verskil maak met die hulp van die Here, daar is alreeds 'n verskil."
Smit bedank Owen en Pat Poultney, die eienaars van Volstruisleegte, wat hul plaas as troulokaal beskikbaar gestel het en ook almal wat hand bygesit het.
"Goedhartigheid en bereidwilligheid was die oorheersende eienskappe om die dag te verwesenlik.
Die ses paartjies wat op Willowmore getroud is, saam met hulle kinders.
"Mense se harte en hande was wawyd oop om hulp aan te bied.
"Gemeentelede en die vrouens van plaasboere het die versnaperings en koek verskaf," sê Smit.
Die bruidegomme van links, Gideon Johnson, Francois Pears, Hendrik Olifant, William Kweleta, Arrie Jaar en Ricardo Lammerts.
ARTIKEL EN FOTO'S: BRÜMILDA SWARTBOOI, GEORGE HERALD-LEERLINGJOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'