Update
GEORGE NUUS - 'n Motorfietsbestuurder en sy vrouepassasier (albei in hul 20’s) is Sondagoggend ernstig beseer toe hulle 'n stilstaande motor in Wellingtongstraat getref het.
Die 40-jarige bestuurder van die VW Fox, wat in die rigting van Denneoord gery het, het gewag vir aankomende verkeer toe hy voor die brug wou regs draai.
Volgens George-polisie se kommunikasiebeampte, sers. Michael Opperman, het die motorfiets die motor van agter getref waarna die bestuurder beheer verloor het en in die brug se muur vasgery het.
Albei pasiënte is met verskeie beenbreuke na die George-hospitaal geneem. Teen druktyd was die presiese omvang van hul beserings nog nie bekend nie.
Die bestuurder van die voertuig is nie beseer nie.
'n Saak van roekelose en/of nalatige bestuur word ondersoek.
*A motorbike driver and his passenger (both in their 20s) were seriously injured on Sunday morning when they hit a stationary car in Wellingtong Street. They were treated by paramedics on scene and transported to George Hospital.
Lees 'n vorige artikel: 2 beseer na motorfiets voertuig tref
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'