VERKIESINGNUUS EN VIDEO - "Die DA sal nou na die verkiesing moet bewys dat die party die vermoë het om hul verkiesingsbeloftes gestand te doen," sê Vryheidsfront Plus-leier, Pieter Marais.
"Die DA het weinig meer gedoen as om voor te gee dat hulle die ANC-beleid beter kan administreer."
Marais sê werk aan die plaaslike owerheidsverkiesing begin eersdaags, en dat kiesers kan verseker wees dat minderheidsbelange, soos taalregte voorkeur sal kry.
Hy sê die VF+ kan nou hul plek as opposisieparty tussen die groot vyf inneem en 'n beduidende rol in die politiek speel. Die party is volgens alle aanduiding vyfde geplaas na die ANC, DA, EFF en IVP.
"Die party het beduidend gegroei, ook in die Suid-Kaap, en ons bedank ons lojale ondersteuners vir die vertroue wat hulle in die VF+ geplaas het," sê Marais.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'