Video
KANNALAND NUUS - Voorlopige aanduidings is dat Kannaland steeds die hartland van Icosa bly.
Dit is ook die tuiste van Icosa se leier, Jeffrey Donson.
In 'n onderhoud met Group Editors voor die aanvang van die verkiesing, het Donson sy sukses toegeskryf aan sy gemeenskapsbetrokkenheid.
"Ek glo in effektiewe gemeenskapsdeelname, ek glo daarin om betrokke by my gemeenskap te wees en lewer diens aan almal, ongeag politieke affiliasie - dit is die rede vir Icosa se sukses ook.
Geen probleem is vir Icosa te groot of onhanteerbaar nie." Donson sê ondersteuners ken hom persoonlik en weet baie goed wat die grondbeginsels van Icosa is.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'