Gallery
GEORGE VERKIESINGSNUUS - Die vure het reeds vroeg by verkiesingslokale in New Dawn Park en Dellvillepark gebrand waar mense hul kruisies gaan trek het. Die musiek het gespeel en verskillende partye was te sien by die laerskool in New Dawn Park waar dit reeds vroeg besig was.
Koos Hekka en sy vrou Elsie Hekka sê dit is belangrik om te stem, "want dit voel soos 'n las van jou af. Dit voel of jy vry is".
Sharon Sateria sê sy moes kom stem het, al moes sy bietjie langer dink. "'n Mens weet nie meer vir wie jy moet stem nie, maar jy moet stem. Ek hoop daar sal na die paaie, dreine en regmaak van huise gekyk word."
Sateria meen alhoewel sy kronies siek is, moet sy werk, en daai min geld moet sy gebruik om self reg te maak wat stukkend is, so sy hoop haar stem gaan nou 'n verskil maak. Dellvillepark se stemlokaal was effens stil, maar mense het steeds opgedaag.
Kobè Deister sê dis 'n voorreg om te kan stem.
"Ek moes die keer anders stem as voorheen, en stem vir die wat nie meer 'n stem het nie."
Deister sê jy kan nie kritiek lewer oor jou land, provinsie of streek as jy nie stem nie, want as jy nie stem nie moet jy liewer stil bly.
Aubin en Elane de Jongh het hul merkies gaan maak by Dellvillepark Primêr.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'