GEORGE VERKIESINGSNUUS - Die bekende oudraadslid van George, Aletti van Zyl, staan steeds bankvas agter die DA en het selfs haar luukse sedan in blou getooi vir verkiesingsdag.
In dié geval staan DA beslis nie vir Das Auto nie, want Van Zyl se Duitse voertuig is 'n Mercedes Benz.
Tot sowat vier jaar gelede was Das Auto oftewel 'die kar' nog Volkswagen se slagspreuk tot hulle dit verander het na bloot 'Volkswagen' wat beteken 'volksmotor' of 'die mense se voertuig'.
Van Zyl het gister haar kruisies vir die DA by Hoërskool Heatherlands in Langhenhovenweg gaan trek en omtrent die koppe laat draai met haar en haar voertuig se blou uitrustings.
Sy het ook 'n bietjie tyd by die DA se stalletjie deurgebring waar wyk 3 se raadslid Erika Brown die fort gehou het.
Voormalige DA-raadslid in George, Aletti van Zyl het dit duidelik gemaak dat sy nie weg is by die DA as gevolg van suur drywe nie. Van Zyl het spesiaal haar Duitse voertuig warm gehou in 'n blou DA winterspakkie.
Oud DA-raadslid Aletti van Zyl in 'n vrolike luim met George Herald se verkiesingsleuse #IMadeMyMark.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'