Tydens die verskyning het dit aan die lig gekom dat Olkers se vorige regsverteenwoordiger hom nie meer verteenwoordig nie, en dat hy tans sonder 'n prokureur is. Die hof het gelas dat die saak na Judicare verwys word sodat Olkers 'n nuwe regsverteenwoordiger kan kry.Die saak is uitgestel tot Woensdag 3 Desember om vir Olkers kans te gee om 'n nuwe regsverteenwoordiger aan te stel. Hy het ook aangedui dat hy sedert sy en sy broer se inhegtenisneming in Augustus 2023 nog nie vir borgtog aansoek gedoen het nie.
Jonas het op 26 Julie 2023 vermis geraak toe hy sy huis in Conville verlaat het om 'n voornemende koper, wat hy op Facebook Marketplace ontmoet het, te sien oor die verkoop van sy wit VW Citi Golf. Hy het omstreeks 21:30 daardie aand vir sy meisie 'n boodskap gestuur waarin hy sê dat hy op pad is om die koper in die buitewyke van Pacaltsdorp te ontmoet. Kort daarna was hy onbereikbaar.
Sy verkoolde liggaam is die volgende dag langs die N9 naby Uniondale gevind en later deur DNS-toetse geïdentifiseer.
Vorige artikels:
• Pacs-broers weer voor vir mood
• Verbyrit en begrafnis vir Daywin
• Daywin Jonas-moord: Broers laat vaar borgtogaansoek
• Opvolg: Broers laat vaar borgtogaansoek in Daywin Jonas-moord
• DNA test identifies body as Daywin Jonas'
• Missing man murdered
• Missing Daywin's car found, two in custody
• Vermiste Daywin: Ondersoek lei polisie na Pacaltsdorp
• Still no trace of missing man
• Search for missing man continues
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’