Niemand kan somer voorstel sonder gereelde, gesellige kuiers om 'n braai nie. Mens kan jou amper ook nie 'n smullekker braai voorstel sonder die veelsydige verskeidenheid bekostigbare braaiprodukte van Van Rensburgs Foods in George nie.
Dit is voorwaar 'n plesier om alles wat jy kan en mag benodig vir 'n heerlike braai onder een dak te kry - dan praat ek nie eens van die gehalte van die vleis nie!
Sommer met die intrapslag word mens beïndruk met die aanbieding van die produk, vriendelike diens en heerlike geure uit die kombuis. Dit is dadelik duidelik dat hierdie nie jou gewone slaghuis is nie en dat jy nêrens anders hoef te gaan draai tydens jou beplanning van die perfekte braai nie!
Stap gerus saam met my terwyl ek my aankope doen:
Die lamkas is propvol heerlike Bülida-lamtjops opsies, ribbetjies en …. wel ek dink ek moet miskien eers vinnig deur die winkel stap voor ek besluite neem. Die Bülida-varkvleisprodukte lyk ewe lekker en dis veral die ¼ varkpakke teen 'n spotgoedkoopprys en die gemarineerde PORK Rumpsteak wat my opval.
Die worskas kreun onder die grootste verskeidenheid worse, wat almal ewe smaaklik lyk. Hoe klink blou-kaas-en-groenvye-, geelperske-, sosatie-, wilds- of kaaswors vir jou? Wat sal jou keuse wees? Ek stap verby die steaks en is verstom oor die gehalte van die Champion Choice-steaks - almal perfek verouderd en sappig!
Die buitelug braaikas bemoeilik nou eers my keuse … Spatchcocks, Lollipop, Twisters, Mini Braai Rashers, Karoo Oesters, Ribbetjies (ge-rook, gemarineer, winddroog)… en by die bedieningstoonbank vind ek die heerlikste verskeidenheid sosaties: hoenderdytjie-sosaties in verskillende geure asook tradisionele bees- en varkvleissosaties.
Roosterkoek, knoffelbrood, ciabata-broode, braaisouse, vars groente of varsbereide slaai en landgoedwyn. Hoe besluit mens?
Ek doen toe maar 'n beroep op die vriendelike bestuur en laai op hulle aanbeveling die volgende in my mandjie:
- 'n Winddroog-lamsribbetjie
- Bülida-lam braaisteaks
- Bülida PORK Thin Cut Rashers
- Geelperskewors
- Tradisionele beesvleissosaties
- 'n Spatch-cock.
- Van Rensburgs rib en steaksous
Die Champion Choice Rump Steak, Pork Texan Steaks en bloukaas-en-groenvye-wors en ander liplekker buitelug braaisnitte moet maar wag tot 'n volgende keer. Gelukkig is die somer lank en kan daar baie gebraai word. Van Rensburgs Foods se buitelug-braaiprodukte moet beslis deur almal beproef word!
Vir 'n vinnige keuse is 'n 2-man of 4-man braaipak die ideale keuse!
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'