Advertorial
GEORGE SAKENUUS - Vinniger, groter en beter. Dit is die 24-uur sikluswêreld waarin ons leef. Suid-Afrika is logies deel daarvan. Jy klim op hierdie tegnologietrein van data, genadelose spoed van besigheid en groei van kunsmatige intelligensie of jy bly agter en wonder wat gebeur het. Of doen jy?
Terwyl Suid-Afrikaners naarstigtelik probeer kers vashou met die eerste wêreld, besef Securitas Finansiële Groep se korttermyn-afdeling die huidige realiteit van 'n Afrika-kontinent. Om presies te wees, 'n Suid-Afrika met uitdagings.
Ons korttermynspesialiste sien egter die groter prentjie en die geleenthede. Ons besef dat potensiële en bestaande kliënte nie as data en statistieke gesien kan word nie. Daarom bestaan empatie by ons adviseurs, gebou op 'n basis van waardes en etiek.
Volgens die bestuurder van die korttermyn-afdeling, Brentia Redelinghuys, het haar span die belangrikheid van balans besef.
By Securitas neem ons kennis van die wêreld waarbinne ons leef en werk. Tog het ons ook gaan luister na ons kliënte se behoefte aan persoonlike diens. Die kennis en ervaring van die bekwame span maak van die maatskappy 'n leier in die industrie.
Securitas se korttermyn-afdeling se groei is merkwaardig. In Julie 2012 word daar besigheid gedoen met slegs een adviseur, een administratiewe dame en 'n kantoorbestuurder. Vandag spog die afdeling met 'n span van 13.
Volgens die groep se operasionele hoof, Susan Warren, is die maatskappy besig om te groei oor die lengte en breedte van die land.
Die bekwame span van Securitas Finansiële Groep maak van hulle 'n leier in die industrie.
Die onderneming bedien kliënte met advies rakende alle fasette van die finansiële omgewing en streef daarna om die voorkeurverskaffer van finansiële dienste in die Suid-Kaap te wees.
"Ons Securitas Financial Group (Edms.) Bpk. is 'n BBSEB-vlak 3-bydraer en ons is trots om deel te wees van die George-sakesektor."
Skakel ons gerus by 044 801 5900 of besoek ons by Yorkstraat 52, George.
U kan ook meer inligting kry by ons webtuiste.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'