En hy weet waarvan hy praat. Hy het immers al 35 lande wêreldwyd besoek, maar niks sal Jaymor se pasteie klop nie. "Dis die allerbeste wat jy te koop sal kry." En dis nie lawwe praatjies of arrogansie aan sy kant wat hom dit maak sê nie. Tewens, as iemand in George vir hom 'n lekkerder pastei bring, sal hy tien pasteie vir 'n welsynsorganisasie skenk, sê Jans.
Die tuisnywerheid het drie vroue, wat professioneel opgelei is, om die bakwerk te doen. Lizelle is die voorbakker en hou die leisels stewig vas in die kliniese kombuis waar mens as't ware van die kombuisvloer af kan eet. Alles word daagliks vars gebak en slegs die beste bestanddele word gebruik.
'n Stukkie been, vet of hoendervelletjie sal jy nie raakbyt nie en die deeg van die pasteie en worsrolletjies verkrummel nie met die eerste bytslag nie. Die deeg word volgens 'n geheime resep gemaak en dit sal 'n geheim bly! Elke pastei is ook boordens toe vol met die allerheerlikste vulsels.
Jaymor verkoop 35 verskillende soorte pasteie en die gunsteling is die ontbytpastei met eier, kaas, spek, sampioene en tamaties. Maar probeer ook die hoender, spek en sampioene. En dié een met maalvleis en kaas. Soet en suur hoender is ook 'n treffer. En so ook die ander 32 soorte vulsels wat enige lekkerbek tevrede sal stel. Jans waarsku: "Ná die eerste hap kan jy dalk verslaaf raak aan Jaymor se pasteie en ons drumpel begin deurtrap."
Lizelle sê hul filosofie is eenvoudig: kwaliteit pasteie, die beste diens en voortreflike higiëne. Dis ononderhandelbaar.
Skole, vulstasies en besighede kan gerus by Jaymor kom aankoop teen groothandelpryse. Bestellings, maak nie saak hoe groot ook al nie, sal gratis afgelewer word.
Hoewel pasteie Jaymor se kernbesigheid is, het Jans-hulle ook besluit om terselfdertyd na die gemeenskap uit te reik en by welsynswerk betrokke te raak. Jaymor bied hulle nou 'n gulde geleentheid om dié twee drome te kombineer. "Ons het soveel welwillendheid, omgee en liefde van mense in George gekry, dat ons graag iets wil teruggee." Handgemaakte items van Life Community Services (Life) word gratis op Jaymor se winkelrakke uit-gestal om verkoop te word. Al die geld gaan terug na Life.
Jaymor hou ook 'n groot verskeidenheid items aan van Ornamental Concrete teen die beste pryse. Ook gebak van Il Fornaio-bakery word hier verkoop. En slegs sewe boeke met Ina Paarman se beste resepte teen slegs R30 'n kopie ...
Jans, wat 95% doof is, sê sedert hulle nege maande gelede in George aangekom het, het hul paaie met ongelooflike mense gekruis. Omgee-mense. Behulpsame mense wat graag gee en niks terug verwag nie. En ook diegene wat binne hul beperkte begroting gehalte-diens gelewer het. Daarom wil hy graag die volgende mense uitsonder (daar is nog vele meer, maar net te veel om op te noem):
André Kleyn van Mr Aluminium Man vir kwaliteit-werk.
Johan Martiz Electrical, 'n wonderlike mens.
Martin Slaghuis se bestuurder, Marie, wat ons ongelooflik ondersteun het.
Eric van DigiPress, wat al die kentekens gemaak het.
Gary en LouAnne Lockwood, wat ons van meet af aan bygestaan het en al die rakke in die besigheid geïnstalleer het.
Ben en Aloha van Wellton Foods vir hul raad, advies en lekker wegneemetes.
Etienne Brits van McDoc Auto Repairs, wat ongevraagd hulp aangebied het.
Annatjie en Yolandi van Salon Soloruim, wat altyd met 'n glimlag byderhand was.

Die lekkerste pasteie in George is te kry by Jaymor Quality Pies wat pas hul deure in Wellingtonstraat vir die publiek oopgemaak het. Kliënte kan kies uit 35 verskillende soorte vulsels met die gewildste waarskynlik die ontbytpastei. Jaymor se span is van links :Pat Armour, Anne-Mari Kleyn en Jans en Lizelle Rautenbach, mede-eienaars.