Advertorial
GEORGE SAKE-NUUS - Meubels maak is in sy bloed. Só sê Ronn Swartz, mede-eienaar van Eden Wholesale Furniture.
Swartz het vir 12 jaar in 'n meubelfabriek gewerk en daarna besluit om sy eie fabriek te begin. In 2009 registreer hy sy besigheid en begin van sy huis af werk in Pacaltsdorp.
"Ek het baie kennis opgedoen terwyl ek by GF Swartz Meubels en Beste Denne gewerk het. Vandaar het dit net vorentoe gegaan met my," vertel hy.
Eden Wholesale Furniture spesialiseer in dennehoutmeubels, maar Swartz sê hulle kan met enige ander tipe hout ook werk. "Ons kan met swarthout, stinkhout en geelhout ook werk, maar slegs op aanvraag. Ons lewer 'n uiters professionele diens en daar is eintlik niks wat ons nie kan maak nie. Jy noem dit en ons doen dit," sê hy.
Eden Wholesale Furniture verskaf meubels aan groothandel- en privaat kliënte en doen ook aflewerings teen 'n addisionele koste afhangende van hoe ver hulle moet ry.
Vir enige inligting of om meubels te bestel, gesels gerus met hulle.
Christopher Snyman is een van Eden Wholesale Furniture se meubelmakers. Hy ken duidelik sy pad om dié masjien.
Ronn Swartz (links), mede-eienaar van Eden Wholesale Furniture, sit saam met sy span meubelmakers. Agter Swartz is Fabian Nortje, Wynand Olivier en Junane Jacobs by 'n tafel en stoele wat deur hulle vervaardig is. Foto's: Kristy Kolberg
Eden Wholesale Furniture kan vanaf Maandae tot Vrydae vanaf 08:00 tot 17:00, en Saterdae van 08:00 tot 13:00 gekontak word.
Skakel gerus vir Swartz by 061 191 2948 of sy vennoot, Johan Ruiters, by 064 206 4725 vir enige bestellings of verdere inligting. Hulle e-pos-adres is macegmont@gmail.com.
Ronn Swartz by 'n kas wat in sy fabriek gemaak is.
Kant en klaar en gereed vir aflewering.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'