Dit sal boonop nie nodig wees om oral rond te soek vir die regte produk nie, want Enon het die volle reeks sementstene, maxi-stene, plaveistene en boublokke met verskillende afwerkings vir elke smaak. Die maatskappy het ook 'n omvattende reeks sementrandstene en terrasblokke.
Plaveistene word vervaardig in 'n verskeidenheid vorms, groottes en diktes. Plavei-stene soos die bekende ‘Norse Interlocker’, ‘Bevel’, ‘Hexagon’ en die gewilde ‘Traditional Paver’ word vervaardig. Dit word vervaardig met 'n spasiëringspunt (‘spacing nib’) om akkurate plaveipakwerk te vergemaklik.
"Ons maatskappy het al die nodige boustene in talle afwerkings. Boonop is dit beskikbaar in verskillende kleure soos die bouer en voornemende huiseienaar mag verlang," vertel Eugene Theron wat onlangs as bemarkingsbestuurder by Enon Brick aangestel is.
"Die beskikbare kleure sluit in grys, rooi, sjokoladebruin, pruimkleur, beige en donkergrys."
Buiten die verskeidenheid mooi kleure, kan die verskillende afwerkings 'n groot invloed op die bouwerk hê. Die finale tekstuur en kleur kan dus gekies word sodat die eindrsultaat presies is soos 'n mens verlang.
"Ons voorsien die hele SWD-streek en onderneem ook om aflewerings flink te doen. Die meeste aflewerings naby Mosselbaai is binne 24 uur van bestelling moontlik," sê hy.
Enon Brick bestaan al byna ‘n dekade en alle produkte word onafhanklik getoets waarvan ‘n toetssertifikaat voorsien kan word.
Dit is in dieselfde groep van maatskappye as Transand en T&T Concrete wat ‘n baie goeie reputasie by die inwoners van die hele Eden-streek geniet.
Kontak Eugene by 082 417 8378/044 695 0539 of eugene@transand.net.
(1).jpg)
Stefan Wittmann (links) verwelkom Enon Brick se nuwe bemarkingsbestuurder, Eugene Theron.