Body Fuel Express is 'n nuwe konsep in die waterverkopebedryf wat landswyd uitgerol word. Dit bied die lisensiehouer (franchisee) die opsie om sy kliënte beter te bedien met 'n watertapstasie waar die kliënt sy eie houer kan vul met geosoneerde gesuiwerde water. Kliënte kan ook gevulde stilwaterprodukte by hierdie winkel koop.
Verder bied die Body Fuel Express die volledige reeks produkte van die Just Water-groep aan sy kliënte, naamlik gegeurde waterprodukte, vitamiendrankies, die koeldrankreeks en die volledige Giant Energie-reeks wat wissel van energiedrankies, vitamien-glukosedrankies en ook 'n kinderreeks van vitamiendrankies, Little Giant.
Hierdie toegeruste-winkelopsie kan ook by 'n bestaande winkel gevoeg of as 'n losstaande winkel bedryf word.
George-inwoners sal binnekort self die geleentheid hê om 'n Body Fuel Express in George te besoek.
Hierdie opwindende konsep het baie belangstelling gewek op die internasionale franchise-skou in Sandton, Johannesburg wat in Mei gehou is.
Belangstellendes kan ook kykNET se Ontbytsake-program dophou vir meer inligting rakende hierdie ongelooflike franchisewinkelkonsep. Die Body Fuel Express-franchises word ondersteun deur 'n gespesialiseerde hoofkantoorspan.
Heinrich Muller, nasionale verkope- en bemarkingsbestuurder van die Just Water-groep, sê almal by die groep is baie opgewonde oor die nuwe hoofkantoor wat Vrydag by die Fairview-park in Knysnaweg, Geoge geopen het.
Muller sê Etienne Maree, direkteur van die groep, het weereens getoon dat George trots kan wees op 'n besigheid wie se eienaars bewys het dat die Suid-Kaap wel 'n internasio-nale maatskappy se hoofkantoor kan huisves.
Just Water se internasionale status word ook in Augustus nog verder uitgebrei na Mosambiek en daar word nog vier verdere Just Water-fabrieke in die res van die land opgerig wat dit op 'n totaal van 16 bring.
Vir meer inligting rakende die Body Fuel Express Franchise opsies, kontak vir Elmarie Burger by Just Water se hoofkantoor by 044 871 5414. U kan ook hul webtuistes besoek by www.justwateronline.co.za, www.gogiant.co.za of www.bodyfuelexpress.co.za.
Just Water herinner u graag aan hul winteraanbod waar kliënte hul eie houer met gesuiwerde water teen slegs 50c per liter kan vul tot einde Junie.
