Sponsored Content
SAKENUUS - Sluit by ons aan en beleef unieke produksies uit die boonste rakke. Hessequa Harmonie bring die room van die Suid-Afrikaanse kunstelandskap na Heidelberg in die Suid-Kaap.
Op vanjaar se program is daar weer, soos oudergewoonte, ’n groot verskeidenheid kuns, klassieke musiek en woordkuns.
’n Klavierskouspel met 3 Klaviere word vanjaar vir die eerste keer by die fees aangebied. Maak jou gereed vir Mozart, Movies en Maestro’s!
Dit is natuurlik geen geringe taak om drie vleuelklaviere op een klein plattelandse verhoog te kry nie! Heuer Pianos in Stellenbosch help Hessequa Harmonie vanjaar om dit moontlik te maak. Dit beloof om ’n besondere belewenis te wees. Die gevierde pianiste wat gaan optree, is Elna van der Merwe, José Dias en Mario Nell.
Elna van der Merwe het klavier en orrel aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer. Sy begelei sangers en instrumentaliste van regoor die wêreld, het ’n verskeidenheid pryse gewen en tree gereeld saam met die bariton Niël Rademan op.
José Dias is ’n Portugese pianis wat tans besig is met sy PhD in uitvoerende kunste en is ‘n gevierde pianis regoor die land. Hy doen musiekregie en begelei veral sangers.
Professor Mario Nell het klavier en orrel gestudeer, tree wêreldwyd op en word as een van die mees gesogte klavierdosente in die land gereken.
Professor Mario Nell het klavier en orrel bestudeer en word beskou as een van die land se mees gesogte klavierdosente
Bespreek jou kaartjies by Webtickets of koop dit by Karee Tree in Heidelberg, oorkant die munisipaliteit. Vir meer inligting kan Lindi Smit by 084 446 3200 geskakel word.
Kom kuier saam by die klein fees met die groot hart!
José Dias is 'n Portugese pianis wat tans sy PhD in Uitvoerende Kunste voltooi
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’