Advertorial
GEORGE SAKENUUS - H&L Industrial Supplies, 'n geïntegreerde hardewarewinkel in Hiberniastraat, is van toeka af reeds 'n instelling en 'n huishoudelike naam in George. Dié besigheid is reeds in 1954 deur ene Mr. Hill oopgemaak en vir die afgelope 21 jaar is dit 'n familiebesigheid.
Vandag is Freddie van Rensburg en sy bestuurder, Rassie Erasmus, aan die stuur en hulle laat nie gras onder hul voete groei nie.
In Maart vanjaar het hulle die besigheid op groot skaal uitgebrei deur 'n massiewe nuwe stoor op die H&L-perseel aan te bring.
"Diens en produktekennis is ons prioriteit en met die nuwe gebou kan ons nou baie meer, en 'n groter verskeidenheid van produkte en dienste aanbied," sê Van Rensburg.
Rassie Erasmus en Freddie van Rensburg is slaggereed om hul klante te bedien.
As markleiers met hoogs kompeterende pryse, streef Van Rensburg en sy span by H&L daarna om 'n eenstopwinkel vir hulle klante te wees en sedert die nuwe gebou opgerig is bied hulle verf, sanitêre ware, sinkplate, strukturele hout, verwerkte vorms van hout, voorafgemengde sand- en sementprodukte, en selfs huishoudelike en industriële watersuiweringstelsels aan.
"Ons het selfs 'n nutsman op die perseel wat klante kan bystaan met sekere installasies en algemene takies rondom die huis. Ons bied werklik 'n groot verskeidenheid dienste en produkte en is oop vir almal, van die huisvrou tot die ingenieur," sê hy.
Die amptelike opening van die nuwe gebou word môre, Vrydag 18 Oktober, by H&L Industrial Supplies te Hiberniastraat 26 aangebied en klante kan uitsien na groot winskopies vanaf Donderdag 17 Oktober tot Saterdag die 19de.
Besoek ook gerus hul Facebook-blad of skakel hulle by 044 873 2100 / 2180 vir meer inligting.
'n Gedeelte van die nuwe uitbreiding aan H&L Industrial Supplies in Hiberniastraat. Foto's: Kristy Kolberg
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'