LANDBOU - Agri Wes-Kaap doen 'n beroep op al sy lede en affiliasies om hul jaarlikse streekkongresse wat in Februarie, Maart en April regoor die Wes-Kaap plaasvind, by te woon.
Die kongresse dien as ‘n platform vir samewerking en gesprekvoering oor die uitdagings, asook die toekoms van landbou.
"Ons moedig alle affiliasies aan om soveel as moontlik van hul lede as afgevaardigdes en waarnemers na hierdie belangrike byeenkomste te stuur.
"Die streekkongresse bied ‘n unieke geleentheid vir landbouers - hetsy as lede van landbouverenigings, bedryfsorganisasies of spesiale verenigings - om aktief deel te neem aan gesprekke wat hul bedrywe beïnvloed," sê Jannie Strydom, hoof uitvoerende beampte van AWK.
Doelwitte van die streekkongresse sluit in:
• Die identifisering en bespreking van streek spesifieke uitdagings en knelpunte.
• Algemene aktuele sake van belang te bespreek.
• Die verkiesing van AWK Algemene Sakekamer Streekbestuurslede.
“Hierdie kongresse is ‘n noodsaaklike geleentheid om saam te bou aan ‘n sterker, meer volhoubare toekoms vir die Wes-Kaapse landbousektor. Ons sien uit na u deelname en waardeer u betrokkenheid by georganiseerde landbou, asook by die uitbou van die landbousektor in elke streek,” sê Strydom.
Streekkongres-datums en -plekke:
- Beaufort–Wes: Woensdag, 26 Feb
- Oudtshoorn: Donderdag, 27 Feb
- Rietpoel: Dinsdag, 4 Maart
- Riversdal: Woensdag, 5 Maart
- Grabouw: Dinsdag, 8 April
- Paarl: Dinsdag, 8 April
- Dwarskersbos: Woensdag, 9 April
- Vredendal: Donderdag, 10 April
Vir meer inligting, kontak die kantoor by 021 860 3806 of stuur ‘n epos aan helena@awk.co.za.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’