Die dag is deur BKB, in samewerking met die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV), aangebied en was dit weer eens 'n reuse sukses. Dit is vir die 36ste keer aangebied, wat dui op 'n wonderlike prestasie en getuigskrif vir hierdie streek en sy skaapboere.
Daar was vanjaar 110 skape van 11 deelnemers wat deelgeneem het. Die ooie was weer eens van uitstaande gehalte en goeie bouvorm, wolkwaliteit van uitstekende gehalte.
Elke deelnemer het homself gemeet aan sy mede- deelnemers om sodoende te sien waar sy kudde en sodoende sy boerdery kan verbeter. Dit is tog op die ou einde die hele doel van die evaluering.
Die kompetisie is deur Gawie van Wyk (NWKV- Carnarvon) beoordeel, wat hom weer eens baie goed van sy taak gekwyt het. Die punte is deur Pierre Vlok (BKB Bestuuder Vesels Westelike streek) verwerk, asook die prysuitdeling later die aand, wat baie goed ondersteun was.
Pieter Aucamp (BKB Skaap en wolbeampte) en Hennie Senekal (BKB Lewende hawe) het gehelp met die reëlings en die dag is afgesluit met 'n heerlike spitbraai ("dankie, Hennie") wat deur almal geniet is.
Die wenners is soos volg aangewys:
- Algehele wenner: André de Jager - Swartklip, Albertinia
- Beste ooi: André de Jager - Swartklip, Albertinia
- Beste wol: Louise Muller - Ouland, Mosselbaai
- Beste bouvorm: André de Jager - Swartklip, Albertinia
- Beste vordering: Willie en Willem Oosthuizen - Môreson, Albertinia
- Wenner tussen 300-500 ooie gepaar: Jurie Muller - Ouland, Mosselbaai

Deelnemers, pryswenners en organiseerders van die afgelope Mosselbaai Kudde Evaluering - voor: Gawie van Deventer (Klipfontein, Albertinia); André de Jager (Swartklip, Albertinia) - algehele wenner; Louise Muller (Ouland, Mosselbaai) - beste wolgroep; Jurie Muller (Ouland, Mosselbaai) - wenner tussen 300-500 ooie gepaar; en Willie Oosthuizen (Môreson, Albertinia) - beste vordering. Middel: Werner Olivier (BKB Tegniese beampte Vesels PE); Bennie Pienaar (Kleinberg, Mosselbaai); Pieter Aucamp (BKB Skaap en Wol ); Hennie Senekal (BKB Lewende Hawe) en Stoffel Fivaz (Exelsior, Johnsons Post). Agter: Pierre Vlok (BKB Bestuurder Vesels Westelike streek); Cornelius Muller (Hagelkraal, Hartenbos); Tewie van Rensburg (Rooiblom, Mosselbaai) en Martinus Honiball (Sandfontein, Mosselbaai).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'