Update
GEORGE NUUS - Die twee 16-jarige seuns van Geelhoutboom wat van die verkragting van 'n vrou (44) verdink word, bly in aanhouding.
Hulle het vandag, Vrydag 12 Januarie in die George-landdroshof verskyn.
Die vrou van Blanco is in November verlede jaar naby die DéJàVu-stalle op die R404 (die pad tussen Blanco en die lughawe) verkrag toe sy gaan stap het.
Die seuns is later daardie maand by hul ouerhuise in hegtenis geneem.
Die saak is uitgestel omdat die uitslae van die DNS-toetse nog uitstaande is.
Albei is by Huis Outeniqua in aanhouding.
Lees vorige artikels:
- Verkragting: Tieners Vrydag in hof
- Verkragting: Tieners borg geweier
- Tieners vas vir vrou se verkragting
- Stapper van Blanco wreed verkrag
- Vrou glo aangerand en verkrag
ARTIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'