Gallery
GEORGE NUUS - Ryco TV se Women on Couch-program op Saterdag 10 Augustus was 'n spesiale geleentheid waar Nasionale Vrouemaand behoorlik gevier is.
'n Program vol inspirasie is in die Market Community Theatre aangebied waar vroue kon luister na verskeie sprekers.
Nasionaal bekende gospelsangers soos Larnelle Horne, Colin Mitchells en Nicole Jarvis het opgetree en die musiekvermaak het ook uitstaande plaaslike kunstenaars soos Wilhelm Williams (Wimpee), Megan Vryburg en Jonel Crispy (dans) ingesluit.
Die gassprekers was Welda Biegnaar, Debbie Pijoos, Nicole Jarvis, gasheer, en Melisca Jonas, die gasvrou.
Die program is geborg deur AHI Wes-Kaap met dr. Willie Cilliers as hoofborg, en Full House het die verhoog se inkleding geborg in samewerking met plaaslike winkels wat bygedra het.
"Die Women on the Couch-program het ten doel om vroue te bemagtig, hulle aan te moedig, hoop te bring en oplossings vir hul sosiale uitdagings te probeer vind.
"Ons wou 'n opbouende ervaring aan vroue bied wat soveel uitdagings in die alledaagse lewe ervaar. Dit was terselfdertyd ook 'n geleentheid om 'n bietjie te ontspan," het Rhyno Davidson, Ryco TV se uitvoerende hoof, gesê.
Van die sprekers wat 'n groot inspirasie vir die gaste was. Van links: Nicole Jarvis Host, Debbie Pijoos en Welda Biegnaar.
Gaste het die oggend terdeë geniet.
Gaste by die geleentheid.
Larnelle Horne op die verhoog.
Margret Jacobs, Charmaine Roman en June Philipus het die aand saam geniet.
Rhynso Davidson, uitvoerende hoof van Ryco TV.
Van links is Colin Mitchells (TV -anger), Nicole Jarvis (gasvrou) en Debbie Pijoos (spreker).‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’