Dit was die algemene gevoel wat die vier akteurs, Marié du Toit, David Rees, Adrian Alder en Karen Zoid uitgespreek het tydens ‘n perskonferensie op die vooraand van die vrystelling by Herold’s Bay Hotel.
Die produksieleier Pieter Venter was ook saam met die akteurs verheug oor die oënskynlike oplewing in die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf oor die afgelope tyd. ‘n Regeringsubsidie van 30% het beslis ‘n hupstoot gegee aan die industrie wat vir ‘n lang tyd geen nuwe flieks die lig laat sien het nie.
Die groep kon ook nie uitgepraat raak oor die boeregasvryheid wat hulle geniet het tydens die verfilming in Uniondale nie. "Die inwoners het omtrent die sleutels aan ons oorhandig, so gasvry was hulle en daar was nie ‘n ding wat te veel moeite was nie - of dit nou ‘n donkiekar of ‘n tolbos was wat by die straat afwaai - als is vinnig gereël," het Venter gesê.
Tydens ‘n lewendige bespreking het die veteraanaktrise, Marié du Toit gesê dit was heerlik om weer terug te keer na die silwerdoek ná ‘n 15 jaar afwesigheid. "Susanna gaan ‘n aangename verassing wees vir die publiek." Met laggende blou oë het sy geskerts dat sy nou moeg is om die onverbiddelike vrou te speel.
David Rees het weer openhartig gesels oor hoe maklik die hoofakteurs (in die algemeen gesproke) toegeneë raak teenoor mekaar.
As jong akteur het hy dit uiters eroties gevind om in liefdestonele te speel, maar later raak dit deel van die alledaagse. In sy rol as boer het hy hom totaal ingeleef as ‘n man wat die groot liefde van sy lewe wil oortuig van sy opregtheid. Ja, hoofakteurs raak beslis nader aan mekaar uit die aard van die intieme rolle wat hulle speel, vertel die vrygesel.
Karen Zoid het vertel sy het die vryheid gehad om die temalied, Want as ek droom aan te pas by haar styl.
Venter het ook aangedui dat die uitstekende musiek (‘n wye verskeidenheid) beslis help om die fliek geloofwaardig en te maak en atmosfeer te gee.
Artikel: Pauline Lourens.
Foto's: Tanya Watson
Sien nog foto's hier: http://www.georgeherald.com/gallery.aspx?gpid=167&gid=1
.jpg)
Die akteurs van 'Susanna van Biljon'. Van links is Marie du Toit, David Rees, Adrian Alper en Karen Zoid.