Mandi Botha, redakteur van die George Herald, koester al presies so lank ‘n kosbare klankkasset met ‘n baie persoonlike opname, en het dit Saterdagaand saamgeneem Kalahari Teater toe om hul ou vriend te herinner hoe spesiaal die gebaar was.
Coenie en Mandi se man, Willem, was saam omroepers by die SAUK in Bloemfontein toe die liefde vir die twee Bothas begin blom het. "Coenie is bang een van ons kom hom by en huiwer om dit te erken, maar hy het beslis ‘n aandeel gehad in die ontwikkeling van ons romanse," lag Mandi.
Willem, aan die ander kant, was toe reeds ‘n romantiese siel en het besluit om vir sy bruid ‘n spesiale liedjie vir hul troudag te skryf, "maar dis so ver ek kon kom - ek is so toondoof soos ‘n donkie," bely Willem.
Maar dis mos waar vriendskap begin waarde kry.
Coenie is bygesleep om die lirieke te toonset, en die twee manne het vinnig die fasiliteite om hulle ingespan om ‘n prettige tweegesprek én die trouliedjie op te neem.
Die bruid se voete is finaal onder haar uitgeslaan toe sy op haar troudag wakkergemaak word met ontbyt en dié spesiale opname.
"Ek sal so lank as wat ek lewe sorg dat ek ‘n kassetspeler in werkende toestand hou om hierna te kan luister," sê Mandi. "Ons het al kruis en dwars oor die land getrek, maar ek het nog nooit gewonder waar my ‘trouliedjie’ is nie - ek bêre hom naby my hart."
Coenie se optrede by die Kalahari is bygewoon deur ‘n teater vol entoesiastiese baby boomers, ou bekendes en aanhangers van alle kleure en geure wat dié klaviervirtuoos en liedjiemaker se musiek en kwinkslae terdeë geniet het.
n Die Kalahari-teaterbestuur beplan om die tafels en stoele te herrangskik vir groter gerief. Op navraag van teatergangers het hulle geantwoord dat dit weens ‘n baie vol program nie moontlik is om te sê presies wanneer dit gedoen sal word nie, aangesien daar nie tans genoeg tyd tussen optredes is vir dié projek nie. "Maar ons werk daaraan en beskou dit as prioriteit," is die George Herald verseker.
.jpg)
Verskeie oudkollegas en vriende het Coenie de Villiers Saterdagaand na afloop van sy vertoning kom groet. Kobus Smit en sy vrou Annelise was van die bekendes wat ná die tyd nog steeds deur Coenie vermaak is. Kobus en Coenie werk albei in die reklame- en bemarkingsbedryf.