Die tema van hul item by die fees hierdie jaar is Kengwana Mo Afrika (I am an African child). Sodoende word ook ‘n bietjie nasietrots by die kinders gekweek en begin hul hul item met die Volks-lied in twee verskillende tale wat gevolg word deur verskeie bekende Afrika-liedere.
Die koor word onderskeidelik begelei deur pianiste Clarize Hatting en Henta Essel.
Die suksesvolle koor wat saam met hul skool se blokfluit-ensemble optree, het al verskeie toekennings verower. Hulle het onder andere die laerskole-afdeling gewen by die Knysna/Plett Eistedfodd en verwerf ook gereeld ‘n A+ op die Outeniqua-koorfees.
Die sukses kom egter nie sonder harde werk nie en die kinders oefen elke week vir twee ure lank. Behalwe vir die kompetisie wat op hul wag, sien die opgewonde graad 4 - 7 leerders baie uit na verskeie plekke wat hul gaan besoek, soos die Twee Oseane-akwarium en Tafelberg.
Ouers het maande lank gewerk om die toer te befonds - sommige het pannekoek gebak, ander het Music Mania gehou deur die nag waarvoor hulle geborg is, een ma het elke Woensdag kolwyntjies verkoop en sommige het geblikte vrugte verkoop.
Die koor tree gereeld op by verskeie geleenthede in die omgewing. Later vanjaar word ‘n jaareindkonsert asook ‘n Songs & Praise beplan. Een van die koorlede se pa, mnr. Johnny Douglas, was die tussenganger vir ‘n borgskap vir hul nuwe uitrustings en handversierings vir die toer - dit word gesamentlik geborg deur Clink Scales en SSI Consulting Engineers.
Artikel: Itha Kieser
.jpg)
Laerskool Outeniqua se bekende koor met (voor in die middel, van links) Henta Essel (begeleidster), Amanda Hattingh (koorleidster) en Clarize Hattingh (begeleidster). Agter hulle staan van links, Hennie Erwee (borg van SSI Consulting Engineers), Pierre Conradie (borg van Clinkscales) en Johan Smit (skoolhoof).