GEORGE NUUS - Die publiek wat nie tydens hul etensuur die tydjie kon afknyp om die pas afgelope Lente etensuurkonserte by te woon nie, het Maandagaand 22 Oktober die geleentheid om ’n galakonsert deur hierdie uitmuntende kunstenaars by te woon.
Die konsertreeks was van so 'n hoogstaande gehalte dat die borg, George Surgical Centre, versoek het dat die kunstenaars ook 'n verkorte program in die aand aanbied om die reeks mee af te sluit.
Die uitvoering vind om 19:00 in die NG Moederkerk plaas en is gratis vir enigeen wat dit wil bywoon. Hierdie sielsverrykende uitvoering sal net bietjie langer as 'n uur duur.
Die program behels verskillende kombinasies van klavier, orrel, sang, fluit, altviool en klarinet van onder andere komponiste soos Schubert, Bruch, Poulenc, Milhaud en Mendelssohn. 'n Ongewone kombinasie is 'n duet vir klavier en orrel wat spesiaal vir hierdie reeks geskryf is.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'