Hierdie koor het Februarie met slegs 24 leerders begin en het tydens die onlangse Hoërskool Outeniqua-koorfees met 47 lede gespog.
Die koor is deur Phillipus Hugo geprys vir hul suiwer koorklank, dissipline en hul oorspronklike, lewendige vertolking van Rolling deur Adelle. Hulle spog met resultate wat wissel tussen 90 % en 95 %.
Die koor staan onder leiding van Seugnét Heyneman en word deur Kobie Liebenberg-Smith begelei.
Die koorbestuurder is Anli van Santen.

Voor: Anli van Santen (derde van links), Kobie Liebenberg-Smith (middel) en Seugnét Heyneman (derde van regs) saam met die skoolkoor.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'