Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die plaaslike musikant Gregory Noble, het sy splinternuwe CD tydens 'n gospelgeleentheid Sondagmiddag in Eagles Nest Ministries bekendgestel.
Bekendes in die gospelwêreld, soos Charisma Hanekom en Leo Dos Santos van Johannesburg, sowel as Elwira Standili van Worcester en Carl Abraham's, wat deesdae ook in George woonagtig is, het as gaskunstenaars opgetree. Aanhangers het die inspirerende woorde en musiek in gedrink na die grendeltyd-droogte.
Fotogalery: Gospelgeleentheid saam met Gregory Noble by Eagles Nest Ministries
Noble se CD, Through it all, vertel van goddelike ondersteuning deur 'n moeilike tyd in die sanger se lewe. "But I made it! Met die hulp van die Here," het Noble gesê.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'