GEORGE - Interessante werk is onlangs aan die historiese William Hill-pyporrel van die Moederkerk gedoen.
Dié Engelse orrel, wat dateer uit 1879, is as gevolg van sy historiese waarde, nooit op konserttoonhoogte (440 Hz) gestem nie. Dit het beteken dat die orrel effens hoër as ander instrumente geklink het, wat samespel bemoeilik het. Na intensiewe navorsing is besluit om die orrel te herstem na die gestandaardiseerde konserttoonhoogte. Die Pekelharing Orrelbouers (van Port-Elizabeth) het hierdie uitgebreide werk in Januarie afgehandel en sedertdien klink die pragtige orrel Sondae nuut en ingestem met die vleuelklavier en ander instrumente tydens eredienste. In die komende herfs-seisoen-etensuurkonsertreeks word uitvoe-rings rondom die veelsydige gebruik van die orrel as solo-instrument en begeleidende instrument geïllustreer.
Die reeks etensuurkonserte begin op Woensdag 10 Maart om 13:10 en duur slegs 35 minute. Toegang is gratis, maar donasies is baie welkom. Vir navrae skakel vir Friena Maritz by 082 471 1825.
Die orrel as instrument word in die komende
herfsseisoen-etensuurkonsertreeks vereer.