GEORGE NUUS - Die gewilde etensuurkonserte wat by die NG Moedergemeente in Courtenaystraat aangebied word, sluit môremiddag, Woensdag 19 Desember, die jaar af.
Die plaaslike orrelis Dr Gerrit Jordaan en saksofoonspeler Jaco Kriek speel, om 13:00 Kersliedere in die historiese kerkgebou.
Kom ontspan in die rustigheid van die kerk en ervaar die gees van Kersfees.
Toegang is gratis, maar donasies om die koste te help dek sal verwelkom word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'