GEORGE NUUS - Die gewilde musiekgroep, DECA, se treffende snaarverwerkings het sommer uit die staanspoor harte, regoor die land, verower. Die vars, moderne en sjarmante manier waarop hulle nuwe en ou gunstelinge verwerk en interpreteer, is die sleutelbestanddeel agter hulle kitssukses en nou het hulle pas hulle eerste musiekvideo, Black Sails, uitgereik.
Hulle is te sien vanaf 16 tot 22 Desember daagliks vanaf 10:00 tot 16:00 by die Garden Route Mall George.
Die duo bestaan uit twee ervare musikante, Herman Steyn (op die viool) en Douw Steyn (kitaar) wat saam al meer as 26 jaar se ondervinding in die musiekbedryf het. Hulle is ook die eienaars van die platemaatskappy, Son Records, wat in 2015 gestig is.
Black Sails is self deur DECA gekomponeer en vervaardig deur Burley Boys Media (Robin de Jager as regisseur en Barend Stofberg as kameraman en redigeerder). Die gevoel wat hulle met die lied wou skep was iets met 'n seerower gevoel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'