TUINROETE SWEMNUUS - Ses swemmers van Fish Eagle Aquatics in George, almal tussen die ouderdomme van 12 en 15, neem die week deel aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Junior (SANJ)-kampioenskappe in Stellenbosch.
Die swemmers Wido Rudolph, Renier van Greunen, Malan Lehnberg, Luuk Pretorius, Matthew Tindall en Mieke van der Walt het saam met nog drie van Mosselbaai en Plettenbergbaai, Melissa Kuun, Wilhelm Kuun en Lucy Nagel, vroeër die week na Stellenbosch vertrek waar die kompetisie Woensdag 14 April afgeskop het en Sondag tot 'n einde kom.
Volgens die spannetjie op die foto se afrigter, Franna Vorster, swem al die kinders uitstekend en hy het baie hoop dat hulle met 'n medalje of selfs twee sal terugkeer huis toe.
"Ons sou dit nie kon doen sonder die ondersteuning van ons borg, Bearing Warehouse, nie. Sonder hulle en die bystand van die kinders se ouers sou dit aansienlik meer uitdagend gewees het om aan dié kompetisie deel te neem," sê Vorster.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'