GEORGE NUUS - Lus om vanmiddag rugby te gaan kyk – en boonop verniet? Kom dan vanmiddag na Outeniquapark vir die SWD Arende se wedstryd teen die Black Lion van Georgië.
Mense wat belangstel om na die wedstryd in die eerste divisie van die Curriebekerreeks te gaan kyk sal egter vinnig moet spring want streng Covid-19 protokolle sal gevolg word en slegs 2 000 toeskouers word toegelaat.
Vanmiddag se wedstryd is moontlik die Arende se laaste vanjaar op Outeniquapark.
Die hekke open om 13:00 en toegang is gratis. Die hoofwedstryd word voorafgegaan deur 'n voorwedstryd tussen die o. 13-spanne van Conville Primêr en Oker Primêr van Albertinia.
Die voorwedstryd begin om 14:00 en die hoofwedstryd om 16:00.
As die Arende vanmiddag se wedstryd teen Black Lion wen het hy 'n baie goeie kans om in een van die semi-finale in die reeks te speel. Die Arende het nou sewe wedstryde ager die blad, waarvan hy vyf gewen het en twee verloor het.
Die Arende speel aanstaande Saterdag, 11 Junie, teen Grens Bulldogs in Oos-Londen.
LEES MEER: Arende nog in wedloop
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'