Update
GEORGE NUUS - Die Rams Rugby-akademie (Gauteng) se o.19-sewesspan het 'n algehele derde plek behaal in die VSA as deel van die Dallas Harlequins Smoke'N Hot 7's-toernooi.
Dit is vir die toernooi waarvoor Darryn Fortuin van Hoërskool Outeniqua so hard gewerk het.
Sherine Fortuin, Darryn se ma, sê hulle wil weereens almal bedank wat hul hand diep in die sak gesteek het om hom te help.
"Ons waardeer alles wat almal gedoen het," sê Fortuin.
Sy sê Darryn land môre (Vrydag 6 Julie) omstreeks 14:10 in George.
Lees vorige artikels:
- Rugbydroom vir Darryn word waar
- Darren Fortuin se ondersteuning groei
- Jong rugby speler soek ondersteuning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'