GEORGE NUUS - Die SWD Arende het vanmiddag,11 Junie deurgedring na 'n semi-finaal van die eerste divisie van die Curriebekerreeks.
Die Arende het die Grens Bulldogs oortuigend met 7-45 geklop in Oos-Londen.
Met die oorwinning het die Arende vyf ligapunte verdien.
Dit was 'n maak of breek wedstryd vir die Arende.Die span het sewe keer agter die doellyn gaan kuier.Die Bulldogs het eers laat in die tweede helfte punte aangeteken.
Dit was gou duidelik dat die Arende wou oortuigend wen.Die Bulldogs het by tye dapper teruggeveg,maar die Arende het net te veel skietgoed gehad.
Die Arende het ook die foute van die Bulldogs uitgebuit, en dit tot hul voordeel omgedraai. Anton Moolman, hoofafrigter van die Arende, het kort gelede aan die George Herald gesê hy is tevrede met sy span se oorwinning.
*Vanmiddag se oorwinning beteken dat die span 9 wedstryde in die reeks gespeel het.Daarvan het hy ses wedstryde gewen en drie verloor.Die semi-finaal sal waarskynlik aanstaande naweek plaasvind.
Vorige artikel: Saterdag is dit maak of breek vir die SWD Arende in Oos-Londen
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'