Gallery Update Video
GEORGE SPORTNUUS EN VIDEO'S - Uitbundige tonele van vreugde het laat vanmiddag op Outeniquapark afgespeel, nadat Crusaders met Heidelberg met 25-13 afgereken het.
Daarmee is Crusaders die wenners van die Super Liga A.
FOTOGALERY: Crusaders se oorwinning
Beide spanne se spelers het alles ingesit en teen rustyd kon die wedstryd nog enige kant toe gaan.
Die spanne het die telbord aan die beweeg gehou met suksesvolle strafskoppe en drieë.
Nadat die eindfluitjie geblaas het Crusaders se ondersteuners op die veld gehardloop om hul helde geluk te wens.
Teen vroegaand het verskeie van Crusaders nog by die stadion saamgedrom en die oorwinning gevier.
VIDEO - Lyle Delo, kaptein van Crusaders, gesels oor die oorwinning van sy span (Video:Eugene Gunning).
VIDEO - Feesviering oorheers met die Crusaders se oorwinning (Video: Eugene Gunning).
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'