Gallery Video
GEORGE SPORTNUUS - Deelnemers kom van ver om aan die OCC deel te neem.
Marco Dunsdon, 'n siggestremde het saamgekom van Overstrand om sy rolstoelgebonde vriende te kom ondersteun.
Hulle is almal van die Overstrand APD (Vereniging vir Persone met Gestremdheid).
Dunsdon sê dis hulle groep se tweede deelname aan die OCC.
Hulle kom graag hierheen om te kom wys dat mense met gestremdhede ook sportief kan wees en hulle geniet die gees by die geleentheid.
'n Span van vyf Namibiërs het aan die 21km en 42km deelgeneem.
Modestu Simon, wat die 21km gedoen het, sê dis hul eerste keer hier en hulle het die resies geniet maar is nie gewoond aan die reën nie. Hulle sal egter graag weer kom.
'n Groep vrywilligers van Korrektiewe dienste se spontane gesing skep gees in die koue, reënerige omstandighede.
VIDEO - Reënweer demp nie gees by 2022 OCC:
Deelnemers aan die 21km en 42km van Namibië, van links: Modestu Simon, Gabriël Nghishililwa, Lukas Nbahangwapo en Nico Kharuxab. Spankid Roodly Gowaseb was nog besig met die 42km. Foto: Alida de Beer
Al die pad van Overstrand vir deelname aan die 5km-pretresies, lede van die Overstrand Vereniging vir Persone met Gestremdheid.
'n Klein groepie van die George Klub vir Gestremdes gaan die 5km-pretresies in die reën aandurf. Voor staan Desire en Phalando Freeks en agter van links is Dorian Wesso, Shaun Ruiters, Ayanda Vuzani en Wayne Slinger. Foto: Alida de Beer
Vorige artikels:
- Stuart McCreadie takes 1st place in 42km
- Shaun Butler takes laurels in 21km
- OCC race starts
- OCC about to start
- Excitement in the air at OCC launch
- OCC all set for this coming Saturday
- OCC programme and route all set, but 6 spots remain for business fun race
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'