Die ses kampioene is uit sensei Ranger Grebe se groep. Hulle is Mine Graaff, Jonathan Vermeulen, Joe Louis Marques (dubbele SA kampioen - hy kon daarin slaag om twee afdelings te wen), Corné Coetzee, Bonnie Boshoff en Christi Kahle.
Die 21 studente van Oudtshoorn Martial Arts wat ingeskryf het, het 27 trofeë ingepalm en 17 van hulle het onder die top-drie plekke geëindig.
Die geleentheid was ook die Afrika Ope en met meer as 1 000 deelnemers was dit die grootste kampioenskap ooit.
Buiten al die skopboksers wat deelgeneem het, het mense ook meegeding agt verskillende karatestyle en ses Tae-kwondo, twee Tang-Soo-do en vier Jui Jitsu-organisasies het ook ingeskryf.
Grebe het in die elite swartgordel-ope geveg en het deurgedring na die finale vier uit ’n afdeling waarin meer as 40 top-swartgordels in die land deelgeneem het. Grebe en sempai Theo Olivier was deel van ’n ‘TAG Team’-span wat 2de geëindig het.
Die hele groep het ook hul SWD-kleure verwerf.
Artikel verskaf deur die Oudtshoorn Courant, susterkoerant van die George Herald.
.jpg)
Die juniors wat deelgeneem het.
.jpg)
Die seniors wat deelgeneem het.