Gallery Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Dit is doodstil vanoggend voor die NG Kerk Denneoord, een van die 2 stemlokale waar inwoners van wyk 18 vir die tussenverkiesing hul kruisie kan trek.
Drie van die 5 politieke partye wat geregistreer is vir die tussenverkiesing het reeds hul stalletjies opgerig. Die DA, ACDP, VF Plus se stalletjies is opgeslaan en beman.
Volgens ACDP kandidaat Gert Niehaus het sowat 10 kiesers teen 08:00 opgedaag.
Die DA kiesafdelingshoof Andricus van der Westhuizen vra alle inwoners om te kom stem.
Vryheidsfront Plus se Martiens Erasmus vra mense om die regte ding te doen en hul kruisie te kom trek.
Die stemlokale by NG Kerk Denneoord en die Moths Hall in Loeriepark is tot 21:00 vanaand oop.
Kyk 'n video hieronder:
Die verskillende wyke van George kan hier gesien word.
Lees vorige artikels hier:
"Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'