Breaking News Video
GEORGE NUUS EN VIDEOS - Raybin Figland van die DA is George se nuwe onderburgemeester.
Twee kandidate is genomineer, Figland en Faith Mdaka van die ANC. Figland het 30 stemme gekry en Mdaka 22 stemme. Daar was drie bedorwe stembriefies.
Die burgemeester, Leon van Wyk, moet nog sy burgemeesterskomitee aankondig. Daar word gespekuleer dat die VF Plus en ACDP poste gaan kry in die nuwe regering aangesien die twee partye saam met die DA in 'n koalisie is.
Video: Raybin Figland is George se nuwe onderburgemeester
Speaker Sean Snyman, onderburgemeester Raybin Figland en birgemeester Leon van Wyk.
Video: George Mayor acceptance speech
LEES MEER: Leon van Wyk is weer burgemeester
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'