Review Online berig Juan Cook en Eugene King van Special Operations Solutions (SOS) het omstreeks 03:30 op 22 Maart stilgehou by ‘n BMW wat omgekantel het op die hoek van Dudu Madisha- en De Klerkstraat.
Cook sê die bestuurder van die BMW het uit die motor geklim en ‘n verbyganger aangeval wat hulp verleen en foto’s van die toneel geneem het.
“Eugene het ingespring om die situasie te probeer red. Ek is na die radio om hulp te ontbied toe ‘n passasier uit die kar klim en my met ‘n klip oor die kop slaan.”