Gallery
MOTORNUUS - Die afgelope Saterdag is Suid-Afrika se grootste ovaalbaanbyeenkoms, die Richard Griessen Repairs Klein-Karoo-kampioenskap, weer in Oudtshoorn aangebied.
Daar was deurgaans goeie kompetisie in al die klasse, maar verskeie karre het met die kantmuur kennisgemaak en heelwat motors is erg beskadig. Gelukkig het geen van die drywers beserings aangemeld nie.
Sowat 180 ovaalbaanmotors het in 15 verskillende klasse deelgeneem, maar heelwat van die topdrywers moes onttrek weens skade aan hulle voertuie. Een van hulle is Lusius Fourie wat met sy Nissan V8 flexi teen die muur gebots het en uit die V8-klas moes onttrek.
Suid-Afrika se Mnr. Ovaalbaan, Sergio Abrahams, die drywer wat seker die meeste vir ovaalbaanwedrenne in Suid-Afrika doen en daarom ook bekend staan as die 'Ambassador', het ook sy VW Golf erg teen 'n muur beskadig.
Fotogalery | Richard Griessen Repairs Klein-Karoo-kampioenskap
Abrahams maak elke byeenkoms syne en soek aktief deelnemers om in te skryf vir byeenkomste. Gaan besoek gerus sy blog op Facebook, A Racers Blog.
Dankie aan Dirk van der Westhuizen, voorsitter van die Oudtshoorn-motorklub, en sy hele span wat die byeenkoms altyd puik aanmekaarsit. 'n Groot dankie ook aan Richard Griessen wat die byeenkoms vir die 23ste jaar geborg het.
Die volgende byeenkoms is op George op 30 Oktober en 2 000 toeskouers mag in gevolge Covid-19 maatreëls die byeenkoms bywoon.
Juanre Verwey het die muur in die finaal van sy klas hard geslaan.
UITSLAE
Miniklas
- Grant van der Westhuizen - Mini
- Jeffrey Fouché - Mini
- Divan Meyer - Mini
SWD-ontwikkelingsklas
- Cornel Nortjé - VW Golf
- Shaun Rheeder - VW Golf
- Christo Beneke - VW Polo
Junior Hotrods
- Henrico van der Merwe - Opel Corsa
- Ehrard Visagie - VW Golf
- Zanco Els - VW Golf
Stockrods
- Damian Ellis - VW Golf
- Jason Drake - VW Golf
- Petrus Ferreira - VW Golf
Pinkrods
- Charné Schuin - VW Golf
- Bianca Westraadt - VW Golf
- Vicki Meyer - VW Golf
Heavy metal
- Francois Smit - BMW
- Kerwyn Muller - BMW
- André Keller - BMW
V8
- Manfred Oehl - Lexus flexi
- Pieta Victor - Chev flexi
- Corné van Niekerk - Chev flexi
Midget A
- Schalk Swart
- De Wet Britz
- Francois Botes
Midget B
- Ruan Slabber
- André Lotz
Sprint
- Kenny Gouws
- Graham Parkins
- Daleen Gouws
2.1-klas
- Henties de Villiers - Opel Corsa
- André Fouche - Renault Clio
- Daniel Renison - Ford Fiesta
Hotrod
- Shaun Collins - Opel Corsa Rotary
- Thaart Slater - Opel Corsa Rotary
- Donovan McDonald - Opel Corsa Rotary
1660
- Burger van der Westhuizen - Ford Fiesta
- Jethro Schwartz - VW Polo
- Francois Engelbrecht - VW Golf
Pinkrods 2.1
- Carla Naude - Opel Corsa
- Kelly Dowling - VW Golf
- Amy Storm - Audi TT
Pinkstocks
- Clarizka Havenga - VW Golf
- Ena Visagie - VW Golf
- Chante Elford - VW Golf.
Pieta de Lange (1660-klas) se VW Golf is erg beskadig.
'We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news'