MOTOR NUUS - Hierdie naweek, Vrydag 22 en Saterdag 23 Maart lei alle petrolkoppe se paaie reguit na die George-ovaalbaan. Vir twee aande sal bobaas wedrenne gesien word, met die room van Suid-Afrika se ovaalbaanrenjaers wat aan die eerste been van die SA kampioenskappe gaan deelneem.
Die klasse wat in aksie gaan wees is die 1660, 2.1, Hotrod, Muggie Motors (Midgets) en gemodifiseerde V8 klasse. Autodealer het deur die inskrywingslys by www.georgemotorclub.com gekyk, en daar gaan hope aksie in al die klasse wees.
Van die land se beste renjaers sal in George kom wys wat in hulle en hul voertuie steek.
Moenie dié twee adrenalienbelaaide aande misloop as jy selfs net 'n bietjie van 'n petrolkop is nie.
Christopher Burisch van George gaan ook die krane wyd oopdraai in sy Opel.
Vrydag
- Hekke maak 13:00 oop
- Wedrenne begin 19:00
- Toegang R60 pp en R20 vir kinders
Saterdag
- Hekke maak 12:00 oop
- Wedrenne begin 19:00
- Toegang R80 pp en R30 vir kinders.
Bennie Greyling (G5) en Pieta Victor (E99) maak die pap dik aan in die V8-klas met hulle Chev Flexis. Albei die manne is die naweek in aksie in George. Foto's: Francois Germishuys
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'