Update
GEORGE NUUS - Organiseerders van die Eskom Ekspo vir Jong Wetenskaplikes moes ter nouer nood hul planne aanpas ná dit aan die lig gekom het dat die George-stadsaal nie vir die volle duur van die ekspo beskikbaar is nie.
Hierdie kompetisie vir leerders regoor die streek vind Vrydag en Saterdag plaas.
Sowat 141 leerders neem hieraan deel en hul projekte kan Saterdag 14:00 deur die publiek besigtig word.
Diegene wat graag wil sien waaraan die kinders gewerk het, moet Saterdag die banketsaal (langs die stadsaal), waarheen van die projekte geskuif word, besoek.
Die ekspo skuif Saterdag om 12:00 van die stadsaal na die banketsaal.
Die onthaal vir genooide gaste van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, Eskom en ander rolspelers, sowel as die prysuitdeling, vind dus ook in die banketsaal plaas.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'