Gallery Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die netelige kwessie van Covid-19 verligtingsfondse, waarvoor munisipale werkers nog wag, is glo die rede waarom George se vullisverwyderingsdiens verlede week deur stakings lamgelê is. Dié diens is verlede Vrydag hervat.
'n Groep van sowat 200 werkers (permanente en kontrakwerkers) van verskeie munisipale afdelings - waaronder vullisverwydering en riolering - het verlede Donderdag voor die munisipale hoofkantoor saamgedrom in 'n poging om die saak met die munisipale bestuurder, Trevor Botha, te bespreek.
Dit volg nadat hulle versoek om gelde van die Covid-19-verligtingsfonds glo op dowe ore geval het. 'n Soortgelyke staking het 'n paar maande gelede plaasgevind. Volgens die werkers het hulle nog geen fondse ontvang nie, alhoewel daar glo beloof is om na die kwessie te kyk. Werkers vereis verder maskers, weggooibare handskoene en reënbaadjies.
Hulle het gesê hul veiligheid is in gedrang met die uitvoer van hul pligte.
Kyk 'n video hieronder:
Ofskoon Botha nie by die geselskap aangesluit het nie, het lede van die amptenary wel later opgedaag. PBI-raadslid Virgill Gericke, het die skare probeer kalmeer. ANC-raadslid Langa Langa was ook teenwoordig. Unieverteenwoordigers van beide Imatu en Samwu was op die toneel.
Mfundo Anthony Mtamo, voorsitter van Samwu se tak in George, het bevestig dat beide vakbonde (Samwu en Imatu) by die Bedinginsraad gaan aansoek doen vir 'n wettige staking. "Ons het op twee geleenthede met die munisipaliteit gekorrespondeer om die saak tydens 'n spesiale raadsvergadering te bedien om nog 'n arbeidsonrus te voorkom," het Mtamo gesê.
Fotogalery: Munisipale werkers kwaad oor Covid-geld
Hy het gesê die munisipaliteit speel vir tyd en vertraag die kwessie onnodig.
Munisipale woordvoerder, Chantel Edwards-Klose, het gesê die munisipaliteit hanteer die kwessie en sal geen verdere kommentaar lewer nie. Sy het die staking as "onbeskerm" bestempel.
• Blou sakke word volgens die normale afhaalskedule hierdie week uitgedeel. Weens verskaffersprobleme sal groen sakke eers vanaf volgende week uitgedeel word.
Volgens die munisipale werkers het hulle nog geen Covid-19-verligtingsfondse ontvang wat aan essensiële dienste werkers uitbetaal word nie.
Foto's: Michelle Pienaar
The thorny issue of Covid-19 relief funds, for which municipal workers are still waiting, is the reason why George's garbage removal service was paralysed by strikes last week. The service was resumed last Friday. Blue bags will be handed out according to the normal schedule this week, but due to supplier problems, green bags will only be distributed from next week.
Vorige artikels:
- Werkers wag vir terugvoer oor Covid-19 griewe
- Ontevrede werkers by Munisipaliteit
- Werkers boos oor Covid-geld
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'