GEORGE NUUS - Die landsvlag hang sedert gisteraand, Woensdag17 November, halfmas ter ere van wyle oudpres. FW de Klerk.
'n Aankondiging om daarvoor voorsiening te maak is Dinsdag deur pres. Cyril Ramaphosa se kantoor gedoen. Die vlae sal tot Sondagaand halfmas hang.
De Klerk is verlede Donderdag, 11 November, in sy huis Fresnaye, Kaapstad aan kanker oorlede. Hy was die laaste Nasionale Party-lid wat president van Suid-Afrika geword het in die vorige politieke bedeling. Tydens die nuwe politieke bedeling wat in 1994 begin het, was hy vir 'n kort rukkie een van die adjunkpresidente in die Regering van Nasionale Eenheid.
Hy het die NP in 1996 uit die RNE gelei.
'n Tydperk van vyf dae van rou is vandeesweek afgekondig ter ere van De Klerk. 'n Privaat verassingsdiens vind Sondag plaas. 'n Staatsgedenkdiens sal later gehou word. Die datum is nog nie bekend nie.
Foto's: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'