Update
GEORGE NUUS - Daar word steeds gesoek na die vermiste visserman, Ridowaan Claasen (27) van Lizardstraat in Parkdene, nadat hy Vrydag 17 Junie deur 'n brander van die rotse by Klein Voëlklip in Heroldsbaai afgeslaan is.
"Sy plek is leeg. Sy bed is leeg. Sy eetplek is leeg. Ons mis ons kind en sy honde mis hom nét so baie. Hulle soek elke dag na hom," vertel sy pa, Koos Claasen.
"Ons sal graag wil weet wat presies daardie dag gebeur het. Ek wens een van die wat saam met hom was kan ons vertel. Hy was 'n stil en ordentlike kind. Ons harte is bitter seer en ons gaan nie afsluiting kry voor ons hom nie gevind het nie," sê hy.
Vriende wat saam met Claasen daardie dag gaan visvang het, sê hulle het gesien hoe hy van die rotse geslaan word en deur die see meegesleur is. Daarna het hulle hom uit die oog verloor en dadelik nooddienste gekontak.
Stasiebevelvoerder van die NSRI in Wilderness, Michael Vonk, sê hulle is kort voor 14:00 van die voorval in kennis gestel waarna twee reddingsbote uitgestuur is.
Lede van die polisieduikeenheid het ook by die toneel aangesluit, maar ondanks 'n uitgebreide soektog, is daar steeds geen teken van Claasen nie.
There is still no sign of the missing fisherman, Ridowaan Claasen (27) from Parkdene after a wave knocked him from the rocks at Klein Voëlklip in Herold's Bay on Friday 17 June, while he was fishing with friends. NSRI Wilderness station commander Michael Vonk said their duty crew was activated just before 14:00 on Friday and two rescue craft were launched. NSRI rescue swimmers and shore crew, the police, George Fire and Rescue Services and WC Government Health EMS ambulance and their EMS rescue squad responded. During an extensive search, a police dive unit joined the search operation. Despite an extensive search, there remains no sign of Claasen.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'