Gallery Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEOS - Die Pacaltsdorpers maak reg om aan te beweeg dorptoe. Verwarring oor die begintyd het momentum vir rukkie gestol.
Inwoners van Rosedale en Edenpark het glo op 'n whatsappgroep 'n boodskap van hul wyksraadslid ontvang dat hulle eers 09:00 moet aanmeld.
George se agterplaasbewoners is vandag deel van ‘n nasionale optog oor hul reg tot behuising. Die betogers sê hulle wil huise hê waar hulle destyds weg forseer is.
Woordewisseling vind tans plaas oor of 'n paar PBI-lede met hul vlag en t-hemde in die hoedanigheid aan die optog moet deelneem. Die optoggangers verteenwoordig verskeie politieke partye.
James Smith, een van die PBI-lede se dat hul party al die jare die lot van die agterplaasbewoners in die raad beveg.
Hulle het onderneem om steeds met die vlag te stap.
Kyk 'n video hieronder:
Die groep wat in Conville bymekaar gekom het, is uiteindelik gereed om na George middedorp te beweeg.
Voorwaarts mars. Hier kom Pacaltsdorp. Foto: Michelle Pienaar
Die polisie gesels met van die organiseerders en sekerheidswagte wat by die groep aangesluit het ter ondersteuning. Foto: Salette Cloete
Kyk 'n video hieronder:
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'