Update
GEORGE NUUS - Die 37-jarige man van Blanco wat reeds van verkragting en mensehandel verdink word, is Sondag 10 Desember weer in hegtenis geneem ná hy in September borgtog gekry het.
Die verdagte, met 'n reeks vorige veroordelings, het Maandag 11 Desember in die George-landdroshof op aanklag van diefstal verskyn.
Die saak is tot 12 Januarie 2018 uitgestel. Hy bly in aanhouding.
Na wat beweer word is die verdagte Sondag by sy ouerhuis in Blanco in hegtenis geneem.
Volgens sy borgtogvoorwaardes mag hy slegs dié area vir werksdoeleindes betree.
Besonderhede rondom sy inhegtenisname was teen druktyd nog onbekend.
Hy, en 'n plaaseienaar van dié omgewing, is in Junie deur die gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe-eenheid (GKS) in hegtenis geneem nadat 'n tienermeisie (15) van Blanco 'n klag by die polisie ingedien het.
Hulle staar onderskeidelik klagtes van verkragting, mensehandel en poging tot seksuele aanranding in die gesig. Albei verskyn weer op 29 Januarie vir dié saak.
* A 37-year-old man from Blanco, who was out on bail after rape and human trafficking charges, was arrested on charges of theft on Sunday 10 December.
He had been granted bail in September after spending more than 70 days in custody.
The suspect, who has a series of previous convictions, appeared in the George Magistrate's Court on Monday 11 December.
The case was postponed until 12 January 2018. He remains in custody.
He was allegedly arrested at his parents' home in Blanco. According to his bail conditions, he may only enter this area for work purposes.
Lees vorige artikels:
- Verkragting-verdagte vas vir diefstal
- Onduidelikheid oor borgvoorwaardes
- Borgtog na meer as 70 dae in aanhouding
- Seksspeelgoed en stimulante in huis gevind
- Plaaseienaar steeds in aanhouding
- Opvolg: Seksdade met meisie
- 2 Vas na seksdade met tienermeisie
ARTIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'