Update
GEORGE NUUS - Die 37-jarige man van Blanco, wat van verkragting en mensehandel verdink word, is Sondag 10 Desember weer in hegtenis geneem.
Hy is in September op borgtog vrygelaat vir die verkragting- en mensehandelklagtes.
Die verdagte is na bewering gister (Sondag) by sy ouerhuis in Blanco in hegtenis geneem.
Volgens sy borgtogvoorwaardes mag hy slegs dié area vir werksdoeleindes betree.
Die verdagte, met 'n reeks vorige veroordelings, het vandag, Maandag 11 Desember in die George-landdroshof op aanklag van diefstal verskyn.
Die saak is tot 12 Januarie 2018 uitgestel. Hy bly in aanhouding.
Hy, en 'n plaaseienaar van dié omgewing, is in Junie vanjaar deur die gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe-eenheid (GKS) in hegtenis geneem nadat ‘n tienermeisie (15) van Blanco ‘n klag by die polisie ingedien het.
Hulle staar onderskeidelik klagtes van verkragting, mensehandel en poging tot seksuele aanranding in die gesig.
Albei verskyn weer op 29 Januarie vir dié saak.
Lees vorige artikels:
- Onduidelikheid oor borgvoorwaardes
- Borgtog na meer as 70 dae in aanhouding
- Seksspeelgoed en stimulante in huis gevind
- Plaaseienaar steeds in aanhouding
- Opvolg: Seksdade met meisie
- 2 Vas na seksdade met tienermeisie
ARTIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'